VERGEET WAT JY WEET VAN LIEFDE

(Dewald Wasserfall)


Toe ek jou daar sien

Was dit klaar verby

Dit was net een kyk

En dit was klaar met my


Maar jy wou net niks weet

Jy sê dit maak te seer

En jy’s nie lief vir liefde nie

Maar ek het klaar besluit


Vergeet wat jy weet van liefde

Vergeet watjy dink van my

Ek en jy gaan net een keer lewe

Dis dalk die laaste kans wat ons kry


Want ek wil jou hê

En ek weet jy sê

Die liefde is nie vir jou bedoel

So vergeet wat jy weet van liefde

En vergeet wat jy dink van my


Ek gaan jou hart moet wen

Al kos dit myne ook

Al is jy net so bang

Ek weet jy voel dit ook


En ek wil by jou weet

Of jy my ook wil hê

Jy weet nie wat bring more nie

Maar ek sal jou daar kry


Ek wens ek kon terug gaan in tyd

En die een wat jou seergemaak het

Nét so seermaak

Voor hy jou hart kon breek

En dit in ‘n duisend stukke hier laat lê



Na bokant van bladsy













SEWENTIEN

(Dewald Wasserfall, Johan Vorster)


Ons steek die horison nou aan die brand

En dans hier in die vuur van my gunsteling stad

Te veel verloor, ons sal nooit terug kan gaan

Op 17 was ons te wys om te verstaan


Miskien het ek dit nooit genoeg gesê

Miskien het ek klaar als wat ek wou hê


Op 17 het ek te min geweet

Het ek te veel gesien

Het ek te veel vergeet dit was die beste tyd gewees

Maar tyd is nie jou vriend nie


Op 17 het ek te veel baklei

Het ek te hard probeer

Het ek te min gevry

O, die dinge wat ek sou gee


Om net weer een keer 17 te wees


Sien jy alles nou vir wat dit is ?

Of sien jy soveel meer as wat daar om jou is ?

Voel jy nou of alles aanbeweeg ?

Op 17 het ons probeer om te oorleef



Na bokant van bladsy

























EENDAG AS ONS GROOT IS

(Johan Vorster)


Was ‘n hart te jonk om op 8 jaar oud

Die woorde te glo uit ‘n prinses se mond :

“Vir jou sal ek liefhê tot die dag van my dood”

Dit was waar vir ‘n rukkie, maar toe word ons groot


As ek kon kies sou ek dit oor wou hê

Ek sal jou my nooit laat uitoorlê

Jy weet hoe jonger ‘n hart, hoe groter die hoop

Jy’t verander hoe ek nou deur die lewe loop


Jy’t my belowe, my belowe, tot die dag van jou dood

Jy’t met jou woorde, met jou woorde, my altyd laat hoop

Dat as ons groot is

Eendag as ons groot is


Jy sal nooit weet, jy sal nooit weet hoeveel, en wat jy kon voel

Jy’t my vergeet, jy’t my vergeet, ek weet nou jy’t nooit bedoel

Dat as ons groot is

Eendag as ons groot is


Na alles oud, sal ek jou nooit blameer

Jy was te jonk om woorde te wou keer

Maar ek weet voor my siel daar was oorgenoeg tyd

Om te sê, jammer, jy wil ‘n belofte wegsmyt


Ek verlang na die tye wat lank verby is

Ons ons groot, ek mis ‘n belofte wat lank reeds verby is


Was ‘n hart te jonk om op 8 jaar oud

Die woorde te glo uit ‘n prinses se mond



Na bokant van bladsy



















MY HART SE HONGERSNOOD

(Johan Vorster)


Hoe keer jy wat jy voel ?

Hoe sluit ‘n mens jou hart ?

As als wat jy geweet het jou skielik wil verlaat


Hoe gee mens ‘n gevoel, ‘n lewe, vir ‘n hart ?

Gebruik jy al jou woorde, al kom dit soms te laat ?


Dis hoe die liefde praat


Jy’s my ewig, jy’s my altyd

En oor jou het ek geen dag se verwyt

Jy’s die onbekende pad wat lei na waar ek loop

Jy’s my water, jy’s my brood


Vir my hart se hongersnood


Hoe spaar ‘n mens die seer ?

Die stilte van ‘n hart ?

Hoe keer jy die emosies as dit te veel wil raak ?


Dis hoe die liefde praat


Ek sal jou vashou

Hou sonder ophou

Ek sal jou dit belowe

Oor en oor


Ek hou by my woorde

En die akkoorde wat ek speel vir jou



Na bokant van bladsy




















GEBORE MET ‘N STUKKENDE HART

(Dewald Wasserfall)


Sit jou hande in die water

Jy’s gebore met ‘n vinnige hart

Wat vinning liefkry

En vinnig seerkry

Vinnig vergeet wie’s aan jou kant


En jy sal my nooit kan onderkry

Jy sal my nooit verstaan

En jy sal my nooit kan seermaak nie

Ek is gebore met ‘n stukkende hart


Ek is gebore met ‘n stukkende hart


Sit al jou pyn in jou verlede

Dis al manier om heel te raak

Sonder rede sonder vrede

Maar jy’s sterker as die hand wat jou seermaak


Dit het só seergemaak, ek sal jou nooit vergeet nie

Maar dit het my sterkgemaak

Ek wou jou nooit verloor nie



Na bokant van bladsy























BEAUTIFUL VIR MY

(Dewald Wasserfall, Johan Vorster, Ewald Coleske)


Jy hou my vas

Sodat ek weet

Die wêreld om ons kan van my en jou vergeet


En soos ‘n kind

Smag ek na jou

In elke oomblik wat my arms om jou vou


En jy brand deur my drome

Ek’s lief vir jou

En jy’s al wat ek wil hê


Jy’s beautiful vir my

En net vir my

Jy’s waar ek vrede vind

En alles is OK


Jy’s soveel meer as beautiful vir my

En jy’s die son wat in my hart skyn

Jy’s die een wat wag vir my


Jy’s mooier as ‘n lovesong

En soveel meer as beutiful vir my


Jy hou my vas

En my hart breek

Ek sal jou altyd liefhê, meer as wat jy weet


Dis net ‘n song

Maar dit net vir jou

Oor 50 jaar sal ek jou meer liefhê as nou


Jy dans so stadig in my gedagtes die ure soet verby

Dartel jy hier deur my drome, weet ek dis net jy



Na bokant van bladsy














VOOR JY MOET GAAN

(Dewald Wasserfall)


Voor die einde van jou lewe

Moet jy sê wat jy bedoel

My lief jy weet ons is feilbaar

Maar lief jy weet ek doen net als vir jou


En voor jy moet gaan

Voor jy moet gaan

Moet jy sê wat jy bedoel

En hoe jy eintlik oor my voel


En voor jy moet gaan

Voor jou hart gaan staan

Voor die deure van jou siel toemaak

En jy alleen hier moet bly wag


Jy moet sê wat jy wil sê

Voor jy moet gaan


Aan die einde van jou lewe

Wat sou jy sê van my ?

Sal jy lief kan hê sonder twyfel ?

En sal ek weer hier wees net vir jou ?


Voor die einde kom

Sê wat jy wil

Ek staan alleen en wag

Net vir jou



Na bokant van bladsy





















GOEIE WYN EN SLEGTE GEWOONTES

(Dewald Wasserfall)


Jy’t gesê dis al wat jy ooit wou hê

Dis al wat jy ooit wou kry

Jou elke asem was vir my


Jy’s in my bloed

Kop vol twyfel

Hart vol moed

Siel en skaduwees van seer

Belowe jy was soveel meer


Jy’s soos goeie wyn : net ‘n slegte gewoonte

Maar jy vloei in my, en jy verstaan al my sonde

Dis net jy

Dis alles vir jou


Jy’s soos goeie wyn : net ‘n slegte gewoonte

Dis die gevoel in my as ek jou sien in die somer

Dis net jy

Dis alles vir jou


Jy’t laat weet :

Jy wou alles van my vergeet

Maar alles wat ek kan onthou

Is iewers in jou toegevou


En wat dit ookal werd is :

Maak seker dat jy sterk is

Maak seker dat jy weet wat jy wil hê


En hoe dit ookal nou sy

Belowe net jy mis my

Maak seker dat jy weet



Na bokant van bladsy
















DIE KLANK WAT MY HART MAAK

(Dewald Wasserfall)


Hou vas aan alles wat jy kan

Net aan wie jy is, en dan :

Kry jouself beet, en hou my naby jou


Bly weg van dinge wat jou pla

Al die eindelose vrae

Want dit maak jou seer en dit hou my weg van jou


Ek praat te vinnig, ek sê te min

Ek skryf die einde voor die begin

Ek wou 1000 maal vir jou sê hoe ek voel


En hierdie is die klank wat my hart maak

Hierdie is die dinge wat saakmaak

Hierdie is die rede dat ek onthou my hart behoort aan jou


Hierdie is die klank wat my hart maak

Dis die oomblik dat die lewe weer sin maak

Hierdie is die rede dat ek onthou my hart behoort aan jou

Hierdie is die klank wat my hart maak


Soveel meer wat ek jou moet vertel

Die geheim onder jou vel

Dit hou jou jart vas, en dit maak my vas aan jou


Min tyd en minder energie

Jy voel so vêr al is jy hier

En alles wat so seermak hou my vêr van jou



Na bokant van bladsy




















SAL DIT GENOEG KAN WEES ?

(Dewald Wasserfall)


Sê vir my :

Is die woorde wat ek sê genoeg om hier te bly ?

Vir net nog een dag. Net eenkeer vrede kry

Is dit makliker om stil te wees as seer te kry ?


Hou verby as die liefde wat jy kry te veel na seerkry lei

Soms is al die eensaamheid die moeite werd

Dis beter om alleen te wees as eensaam

Was jy al eensaam ?


En sê my : Sal dit genoeg kan wees ?

Sal liefde ooit genoeg vir jou en my kan wees ?

Hou my in jou arms

Sal jy by my bly ?

Sal jy liefde kry ?

En sal dit genoeg kan wees ?


Bly vir nou.

Die liefde leer die hartseer keer

Maar jy vertrou die waarheid wat jou wonde weer kom wys vir jou

Dit maak so seer, maar daar’s soveel meer as hier en nou


So wat as ek vir jou moet sê

Jy’s al wat ek nog ooit wou hê

En alles wat ek doen is net vir jou ?


En wat as ons eendag moet sien

Dat liefde nie genoeg is nie

Want alles wat ek doen is net vir jou ?



Na bokant van bladsy



















SUIKERBOS

(Dewald Wasserfall)


Al sou jy dalk eendag by ‘n ander man slaap

En partykeer my ore van my kop af praat

Jy’s ‘n teelepel suiker

Jy’s ‘n handvol kaneel

Jy’t my hart gesteel


Die trane loop oor jou wang soos wyn

Jou drome is groot

Maar jou wêreld is klein

Daar’s ‘n boek vol dinge wat ek wou sê

En Suikerbos, ek wil jou hê


Suikerbos, ek wil jou hê

Ons kan droom van ‘n huis wat vêr oor die blouberge lê

In my drome kan ons dans tot waar die tyd stilstaan

Ek en my suikerbossie

Ek en my suikerbossie saam


Weet jy dat ek somtyds nog vir jou skryf

Oor die maan wat dans oor jou sagte lyf

En die son wat sing oor jou sagte mond

Maar my dag sal kom


En het ek jou vertel dat ek jou wil hê ?

En van al die dinge wat ek vir jou wou sê ?

Maar dis ‘n ander man wat nou langs jou lê

Suikerbos, ek wil jou hê


Ek glo nie ek gaan vanaand huistoe kom nie

Ek gaan ry

Deur die nag

Deur die reën

Deur die wind

Tot naby jou


Suikerbos, ek wil jou hê

Ons kan droom van ‘n huis wat vêr oor die blouberge lê

In my drome kan ons dans tot waar alles sin kan maak

Ek en my suikerbossie

Ek en my suikerbossie saam



Na bokant van bladsy








‘n DUISEND JAAR

(Dewald Wasserfall)


Hoekom draai jy om my ?

En waarom hou jy my nog vas ?

Waarom steek jy my nog weg

Soos ‘n geraamte in jou kas ?


En waarom staan jy net daar

Met leë beloftes aan jou sy

Waarom voel dit of jy hier bly ?

Want dis verby


En ‘n duisend jaar sal te min wees

Want drie dae was te veel

As ek jou nooit weer sien nie

Sal ek my moet verbeel


Want jy bly nog in my are

Jy maak my hart jou huis

En as jy in my twyfel

Sal ek my liefde ‘n duisend keer moet bewys


So waarom voel dit vir my

Ek het jou lank terug al verloor

Ek breek my hart weer voor jou oop

En net die hartseer bly dan oor


So wanneer los jy my dan ?

En wanneer kom jy terug na my ?

Waarom wens ek dat jy hier bly staan ?

Want dis verby



Na bokant van bladsy



















Laat

(Johan Vorster, Dewald Wasserfall)


Laat in die aand is my hart gedaan

Jy’t my alweer so onkant gevang

Jou woorde verander in dolke wat sny tot op die been


Ek wil weet wat gebeur het

Dat jou liefde soveel seer het


Ek weet hierdie stad kan jou laat vergeet wie jy rêrig is

Maar moet net weet :

Het jy dit bedoel toe jy sê jy voel veilig hier by my ?


Ek wil weet wat gebeur het

Dat jou liefde soveel seer het


En waar’s jy nou dat ek alleen is ?

Dis so koud hier as ek jou mis

En jy’t nou alles wat ek belowe het

So waar’s jy, nou dat ek jou nodig het ?



Na bokant van bladsy