
Released: 18 August 2014
℗ 2016 Inhoud Huis Musiek
Kopie Reg (Pty) Ltd,
under exclusive license to
Universal Music (Pty) Ltd South Africa.
LUISTER
LIRIEKE
AMSTERDAM
(Dewald Wasserfall)
Voor die winter verbygaan
Voor jy weer van my weggaan
Bly naby my, my lief
Ek wil jou veilig hou
Hou jou hand oor die water
Hou jou beloftes vir later
Onthou my as jy my weer sien
En bring my terug na jou
Dis hier waar ek verlang
Hou vas aan alles wat jy kan
Jy weet dis hier waar ek wil wees
Dis in die warmte van jou hart
Dis in die kleure van jou siel
Amsterdam
Deur die strate se stilte
Deur jou winter se koue
Sê my wat sien jy dan in my
Sien jy meer as die seer wat in jou bly
En ek voel jou
Maar jy leen net jou hart vir my
Net vir nou, maar ek sal kan vashou
Want dis hier waar ek my hart kry
# EK EN JY
(Johan Vorster / Christoph Kotzé)
Ek voorspel
Verspreide donderbuie oor jou hart en vel
Dis hier waar ek besef jy is dalk meer
Dalk meer as net my beste pel
Hoe lank moet ek nog wag voor ek jou bel?
Want ek soek meer
Die liefde en die blydskap en die bitter seer
En dag vir dag jou soen net soos die eerste keer
Net soos die eerste keer
Die woorde staan al lank hier teen my hart se deur
Is dit te vroeg om te sê ek is lief vir jou?
Is dit te veel om te vra dat jy van my hou?
Ek is gebore net vir jou
En dis nou hier waar ek se hoe ek oor jou voel
Dit is ‘n wilsbesluit, ek sê dit met gevoel
Ek is gebore net vir jou
Ek verstaan
Alles wat jy sê al bly jou lippe stil
En jy hoef nie te vrees, solank jy weet ek wil
Solank jy weet ek wil
Dis distinktief, en dit maak die verskil
Sal jy my ken met die ligte uit?
My binne hou as die koue byt?
En my kan troos met die warm van jou lyf?
NET ‘N MENS
(Dewald Wasserfall / Christoph Kotzé / Johan Vorster)
Ek kan onthou toe jy dit sê
“wag tot jy eendag kinders het,
Dalk sal jy beter kan verstaan
Wat in ‘n pa se hart aangaan”
En die waarheid bly
Vir die pa in my
Dis die storie wat ek jou nog moet vertel
Ek is lief vir jou met als, dit weet jy wél
En al ken jy nie my naam of my gesig nie
As jy val, sal ek daar wees en jou oplig
Dis die waarheid wat jy altyd moet onthou
Hierdie wêreld maak sy deure oop vir jou
Mag jy droom, mag jy dans, mag jy wens
En nooit sien jou held is net ’n mens
Ek keer jou trane, keer jou vrees
Probeer ‘n held vir jou te wees
Maar ek begryp nou wat ek het
Want jy’s die een wat my kom red
En daar’s niks wat jou leer soos ‘n lewe
Jy gee alles op sonder ‘n rede
SO EENSAAM SOOS DIE SON
(Dewald Wasserfall)
Wie het jou hart gesteel?
En homself laat verbeel hy’s beter
Beter as jy?
Wie het jou toegevou?
Homself rondom jou toegebou?
Jy’s beter, beter as hy
Jy kan vergeet van die seerkry
Solank jy vashou aan my
Ek wil weet hoe dit voel om jou terug te kry
Gooi jou hartseer arms om my
Hoekom draai die wêreld
Om en om en om jou
En niemand hier verstaan jou
Maar jy’s vry
Hoekom draai die wêreld
Om en om en om my
En niemand hier verstaan my
En alles wat jy doen los my verstom
Jy’s so eensaam soos die son
Wie het jou hart gebreek?
Omgedraai en jou verneuk?
Niemand weet, maar jy verdien die wêreld
Wie’t jou siel verstaan?
Jou asem tien keer weggeslaan?
Jy’s beter as wat hulle jou wil maak
As jy vergeet en vergewe
Sal jy verdien wat jy kry
Jy’t soveel vrae
Maar so min antwoorde vir my
STROOM OP EN BEEN-AF
(Dewald Wasserfall)
Hoeveel keer het ek jou laat verbygaan?
Hoeveel keer wou ek jou hier hou?
Was ek in my selfsug so verblind en so verdwaal?
Hoeveel keer het jy my hier kom haal?
Leer my hoe om jou nie te verloor nie
Wys my hoe om jou by my te hou
Jy wys my wat is liefde, hoe dit brand as dit verdwyn Waar jy is, dis daar waar ek wil bly
En ek sal jou hart by my veilig hou
En my geheime by jou vertrou
Ek is stroom-op en been-af oor jou
Ek is stroom-op en been-af oor jou!
Soveel keer sal ek vir jou belowe
Soveel keer sal ek dit bly sê
Jy wys vir my in stormwater waarheen ek moet gaan
Sonder jou sal ek nie kan bly staan
Ek sien jou lig
Dit brand in my
Ek asem in
Maar dit gaan verby
Dit vloei, dit pyn
Maar dis soet soos wyn
Dit bring die waarheid oor my pad
So werk net mooi met my hart!
GEBORE OM TE LEWE
(Der Graff / Verlage / Dewald Wasserfall / Johan Vorster /Christoph Kotzé)
Sien jy die wêreld ?
Raak jy ook bang?
Wat is die prys om ’n lewe te vervang?
Volg jy die skare?
Of is jy nog jy?
Sal jy kan opstaan?
Of staan jy in jou ry?
As alles stil raak
Hoor jy nog die geraas?
Besef jy weer van voor af
Ons is skaduwees en as?
Met jou laaste asem
Sal jy dit kan belei?
Ons moet vir hierdie lewe
En vir ons identiteit baklei
Ons is gebore om te lewe
Met ‘n reg om te bestaan
Te droom en te vergewe
Maar ons het langs die pad verdwaal
Gebore om te lewe
Maar wat’s ’n lewe werd?
As ons dan net so maklik
‘n Lewe kan verwerp
Voel dit vir jou onheilig
As jy elke dag moet sien
Hoe ons elke dag baklei
Net om die lewe te verdien?
Die waarheid moet jy uitskree
Daar’s iemand wat dit hoor
Daar’s baie wat soos jy voel
Daar’s niemand wat alles wil verloor
KERK VAN TEER
(Dewald Wasserfall)
Daar’s ‘n hele wye wêreld daar buite as jy net probeer
Die heelal se geheime opgeteken buite jou voordeur
So asem al die lewe in wat om jou lê
Soveel meer as wat ek jou kan sê
Want jy maak my vry
Maar dis net jou spore wat agterbly
En as jy gaan, moet jy gaan in styl
My katedraal is hierdie highway
My kerk van teer
My huis is die lang pad
Daar’s ‘n hele wye wêreld daar buite as jy net wou weet
Soveel meer as waaraan jy jou lewe lank jou blydskap meet
Geld is net papier, dit koop nie liefde nie
En jy weet ek soek jou eerder nou net hier
Want jy maak my vry
Maar dis net jou spore wat agterbly
En as jy gaan, moet jy gaan in styl
My katedraal is hierdie highway
My kerk van teer
My huis is die lang pad
TOMORROW
(Chris Young / Frank J Myers / Anthony L Smith)
Tomorrow I’m gonna leave here
I’m gonna let you go and walk away
I everyday I said I would
And tomorrow I’m gonna listen
To that voice of reason inside my head
Telling me that we’re no good
But tonight I’m gonna give in one last time
Rock you strong in these arms of mine
Forget all the regrets that are bound to follow
We’re like fire and gasoline
I’m no good for you, you’re no good for me
We only bring each other tears and sorrow
But tonight, I’m gonna love you like there’s no tomorrow
Tomorrow I’ll be stronger
I’m not gonna break down and call you up
When my heart cries out for you
And tomorrow you won’t believe me
But when I pass your house I won’t stop
No matter how bad I want to
Baby, when we’re good you know we’re great
But there’s too much bad for us to think
That there’s anything worth trying to save
HART VAN STOF
(Dewald Wasserfall)
Ek het gehoor jy het jou hart verloor
En nou’s jy heeltemal verslaaf aan die gevoel
Jou elektriese mond het jou alweer laat wond
Want jy se soveel meer as wat jy bedoel
Soos ek verstaan het jy jou hart laat gaan
Asof jy kan bekostig om dit te verloor
Jy het als verrinneweer en toe kom vra vir meer
En as jy weg gaan bly daar bitter min hier oor
Wat jy wou hê, het jy gevat
My hele wêreld in jou hand
Dan verander jy weer in stof
Terwyl my hart ontplof
Terwyl my hart ontplof
Jy weet as jy my hier los
Het ek ‘n hart van stof
Het ek ‘n hart van stof
Jy weet jy’s my rede
My toekoms my hede
Jou hart is nog hier by my
Jy kan alles van my vat
Solank jy net hier bly
Ek het gehoor jy het jou hart verloor
En dit was meer as wat jy ooit vir my wou gee
Jy’t gese die hart wil he wat die hart wil he
Maar jou hart is soveel meer as ‘n idee
Gee my net plek in jou hart
Ek weet als is koud en verward
En hou my net hier in jou hart
EEN DAG LANK
(Dewald Wasserfall / Johan Vorster)
Kan jy onthou hoe dit was toe jy net wou glo
Net wou doen, net wou droom, net jou hart verloor
Op ‘n lewe met ‘n rede
Maar dit gaan verby
Hou net vas aan wat was en kan jy onthou
Nuwe hoop, nuwe lewe en dis net vir jou
Maak dit joune as jy kan, voor dit als verdwyn
Hou jou hart in jou lyf
Laat die emosie jou dryf
Raak ontslae van die seer dan weet jy
Daar is ‘n vlam in jou hart
Die lewe wat in jou brand
Die hele wêreld le oop voor jou
Doen alles wat jy kan
Probeer al jou haat vervang
Dans asof niemand jou sien nie
Die lewe is net een dag lank
Die lewe is net een dag lank
Is daar ’n vuur in jou hart wat al jare bly?
‘n Tornado in jou wat jou lewe lei?
Raak ontslae van jou vrees en dan wees jy vry
Hou jou hart in jou lyf
Laat die emosie jou dryf
Raak ontslae van die seer dan weet jy
Daar is ‘n vlam in jou hart
Die lewe wat in jou brand
Die hele wereld le oop voor jou
Doen alles wat jy kan
Probeer al jou haat vervang
Dans asof niemand jou sien nie
Die lewe is net een dag lank
Die lewe is net een dag lank
MY WOORD
(Johan Vorster / Christoph Kotzé)
Ek wil jou blindelings lei
Deur ‘n donker gang
Wil jou die kamer wys
Waar ek na jou verlang
Jy kan maar ophou praat
Hier maak geen woorde saak
Stop…laat my aan jou raak
Want ek gee jou my woord
Sonder dit is ons niks
Dis vir jou wat ek so lief is
En omdat ek jou so mis
En ek gee ek jou my woord
Dis meer as net ‘n oomblik
Kan die ligte maar afsit
Ons gaan net op gevoel
Ek ken jou lyf se taal
Ek weet wat jy wil hê
Jy moet net asemhaal
Jy hoef niks te sê
Jy kan my vertrou
Jy sal vanaand onthou
Want alles gaan oor jou
WEER PROBEER
(Dewald Wasserfall)
Jy gaan moet weer probeer
Daar’s ‘n duisend drome in jou vasgekeer
Jy word gemeet aan hoeveel keer jy val
En dan weer opstaan
Jy word gesien vir wie jy is
Partykeer hoef jy net te leer
Partykeer moet jy net weer probeer
Jy kan nooit weet of jy sal
Sink, swem, staan, seerkry of dalk wegval
Dis als ‘n raaisel tot jy eendag val en self moet opstaan
Jy kry die antwoord in jouself
Partykeer hoef jy net te leer
Partykeer moet jy net weer probeeer
Partykeer maak dit seer
Partykeer moet jy net weer probeer
Hou jou drome in jou hand vas vir nou
Hou jou drome in jou hand vas vir nou
En voor jy sien dan kom jy huistoe
Met alles wat jy wou hê
VIR LIEFDE BAKLEI
(Dewald Wasserfall / Johan Vorster / Christoph Kotze)
Ek is raadop
En ek is moeg baklei
Ek is hardop
Hardop verlief op jou
Ek soek vrede
Vrede wat ek by jou kry
Wat van liefde?
Ons ken liefde
En was dit net ons wat so mal kon wees
Om te se dat ons altyd bymekaar sou wees ?
Dis net ek en jy
Ek en jy wat vir liefde baklei
En was dit net ons wat in liefde glo?
Want ek sien my begin en einde in jou oë
Dis net ek en jy
Ek en jy wat vir liefde baklei
Jy hou my hart vas
Al is jy vêr van my
Jy’s al my redes
Jy’s meer as genoeg vir my
Jy steel my asem
En hou dit in jou lyf
En gee my liefde
Al jou liefde
DIE RISIKO VAN SOEN
(Dewald Wasserfall / Johan Vorster)
Soen my, verbeel jou dis nog somer
Ons kan jonk bly, oud word in ons drome
Ons kan liefkry
Jy weet nie wat jy mis nie
Want jy weet nie wat jy het nie
Soen sonder seerkry
Sonder om te huiwer
As jy voel die
Liefde trek jou stywer vas
Jy weet nie hoe om dit te keer nie
Want jy, jy’t nog nooit als verloor nie
Soen my sonder om te dink
Ons doen net, gaan net met jou instink
Dis alles oor jou
(en hou my net) styf vas, my hart sit diep binne jou
Lyf vas, dis net ek en jy
En daar’s soveel meer wat ek wil doen
Dis die risiko van soen
Wat is jou geld werd
As jy nie liefde het nie?
Is dit als werd
As jy nie eers probeer nie
Gee jou hart weg, dis niks as jy nie glo nie
Want jy het niks om te verloor nie
Soveel meer wat ek nog met jou lyf wil doen
Met jou hart en met jou siel, soveel meer as soen
Dis ek en jy teen hierdie wereld ons moet net probeer
Om vas te hou, want die liefde sal leer
ALL ABOUT ME
(Dewald Wasserfall)
My heart is alive :
I can’t stay by your side
I’ve got to be on my way
Got to find my way
My heart is a blur
And damn, nothing is sure
I’ve got to find myself on the next train out of here
And realize
That these are real eyes
And these are real lies
I’ve been sitting by the roadside
Dreaming of a seaside
Next to you
And what a way to waste
I’ve been missing you for days
Never had myself a clue
But I know
I have to let you go
So why’ve you got to go and make it
All about me?
My heart is a lie
Nothing is black and white
I’d rather dance on this tightrope than run to you
And realize
That this is real life
And I’m on a real high
I spend my nights out on the ocean
And I spend my days out in the sun
You are the only one