album-packshot-500-x-500

Released: 17 May 2019
℗ 2019 Coleske Artists

KOOP OP iTUNES KOOP CD

LUISTER

LIRIEKE

ELEKTRISITEIT

ELEKTRISITEIT
(Dewald Wasserfall)

Tussen kerse
Tussen verse, bottels wyn
Onder komberse
En sonder ’n druppel selfoonsein

Ons steel die oomblik
Luister Jonker en Le Toit
Hier in die donker
En jy was nog nooit vir my so mooi

Kom ons vat ’n kans op ons vanaand
Die aarde draai terwyl die tyd stilstaan

Ons sit die ligte af
Ek en jy is OK in die donker
Ek verdwaal hier in die lyne van jou lyf
Sit die ligte af
Jou silhouette is al wat ek nodig het
Ek en jy
Ons is OK
Sonder elektrisiteit

Tussen die vere
Intussen gebeur ’n duisend redes om te wil glo
In al die geheime in jou oë

Ons kort geen ligte
Net gedigte, bloedrooi wyn
En dalk moet ons net weer onthou
Dat ons vir altyd saam wou bly

GESKIEDENIS

GESKIEDENIS
(Dewald Wasserfall)

Hou vas, jy kan als kry wat jy wil
Hou net vas aan wie jy is
En glo aan more

Glo vas : jy’s gemaak vir beter dae
As die tyd kom, sê net “Ja”
En glo aan more

So wie sê jy’s nie goed genoeg nie ?
Wie’t gesê ons is nie bedoel vir meer
As wat ons nou om ons kan voel nie ?

Party van ons maak verskonings
Maar die res van ons is gebore vir geskiedenis
Ons maak geskiedenis

Partykeer is ons verlore
Maar onthou net ons is gebore vir geskiedenis
Ons maak geskiedenis

Voor jy weet is als by jou verby
Voor jy verskonings gaan kry
Kom maak geskiedenis met my

Staan stil. Dis ’n nuwe dag
’n Nuwe dag
Dis ’n nuwe rede om te wil glo

In jou. In jou hart en in jou mag
In jou toekoms en jou krag
En in jou more

Die lewe gaan so gou verby
As jy dit wil hê moet jy baklei

NIKS

NIKS
(Johan Oberholzer)

Ek dink partykeer jy’s ’n huis gebou van kaarte
Ek wonder soms of daardie hart van glas gemaak is
Dit voel partykeer of jy altyd vir my kwaad is
Maar een kyk in daai oë van jou, dan weet ek ek is tuis

Jy het die hart en al die omgee van ’n engel
Ja ek kon sweer jou liefde kom reg uit die Hemel
Ek’s in my lewe net só baie keer geseën al
Maar een kyk in daai oë van jou, dan weet ek ek is tuis

Want daar is niks so bitter, niks so soet soos jy nie
En daar is niks wat jou so laag en hoog kan kry nie
En daar is niks wat so gelukkig lag
En hartseer op dieselfde dag kan wees

En ek soek elke liewe deel
Want saam met jou is niks te veel

Om al die wolke sien jy helder silwer rante
Ek sien gebrande hout en jy sien diamante
En op die donker dae dan vat jy net my hande
En een kyk in daai oë van jou, dan weet ek ek is tuis

SÊ JY SAL

SÊ JY SAL
(Dewald Wasserfall, Danny Smoke)

Ek sweer ek is vir jou bedoel
Al het almal gesê dit is net ’n gevoel
Maar jy is daar en ek is hier
Mens weet nooit wat jy het tot dit weg is nie

Sê jy sal nooit verander nie
Ek kan jou nie vervang met ’n ander nie
Sê net jy sal wag vir my

Want jy’s die sonsak in September
Jy’s die reën wat oor my val
Jy’s die warmte in al my winters
Sê jy sal

Sê jy sal hier wag tot aan die einde
Tot ek weer langs jou kan staan
En as ek eendag op my regterknie staan
Sê jy sal, sê jy sal, sê jy sal

Nou voel dit so verlate hier
Ek het net nie besef wat ek gehad het nie
Dis als op my, dalk het ek dit verdien
Want ek sien nie die veld vir die bome nie

WEES MY VROU

WEES MY VROU
(Dewald Wasserfall)

Jy’t my asem weggeslaan
Jy’t my hart die eerste dag gesteel
Wie was ek ooit sonder jou ?
Hoe sou ek myself ooit kon verbeel ?

Maar nou’s ek op my regterknie
En jy’t gesê jy sou
Ek’t gesê ek sal jou veilig hou

Al is jy van ’n klein dorp
Of jy woon in ’n groot stad
Ek’s verlief op jou lewe
Ek’s verslaaf aan jou hart

Niemand kan dit beter doen nie
Jy’s die een wie ek wil hê
So ek vra jou :
“Kom gee my ’n leeftyd saam met jou”

En wees my vrou

Jy’t die man hier in my opgetel
Als wat ek wou hê in jou gekry
Ek was jonk en verlore en verslaaf aan jou
Ek glo nou in myself want jy glo in my

En daar’s ek op my regterknie
Kan jy dit nog onthou ?
Ek behoort vir altyd net aan jou

STOP

STOP
(Dewald Wasserfall)

Ek het jou vir altyd uit my hart uit gesny
Ek het jou vergewe maar ek lewe nou vir my

Ek het soveel probeer om jou te verstaan
En net te veel gebreek, ek moet jou laat gaan
Ek het soveel probeer verbeter
Ek weet verseker :

Jy’s ’n fout

Ek wens jy hou op om my hart te laat stop
En jy weet dis nie OK.
Jou obsessie met my
Gaan maak dat iemand anders hier seer gaan kry
Hou op om my hart te laat stop

Ek het jou herinnering hier binne in laat bly
Maar as jy vergeet het moet jy weet dit is verby

MORS JOU TYD

MORS JOU TYD
(Dewald Wasserfall)

Hospitaliseer die idee van alleen wees vir altyd
Bly hier in my arms en ek sal jou veilig hou
Vergeet van die idee dat jy vir altyd gaan behoort aan wat gebeur het
Kyk, jou seer is die verlede, dit verander nie wie jy is nie

As liefde ’n mors van tyd is
En die tyd tussen ons te wyd is
Mors jou tyd saam met my

Kriminaliseer die idee dat jy jou hart verloor vir altyd
Gooi uit die verwyt en laat die liefde deur die droeë grond breek
Kry my aan die ander kant waar ons kan saam wees vir altyd
Kyk my arms is warm ek sing Psalms om jou kalm te hou

Tot die gevoel van alleen wees min raak
As die liefde weer in jou sin maak
Mors jou tyd saam met my

SO STERK SOOS 'N VROU

SO STERK SOOS ‘N VROU
(Dewald Wasserfall)

Sy’s ’n brandende gebou
Sy’s die warm na die reën
Sy’s die storm in jou stilte
En sy’s die waarheid in jou leuen

Sy sien die skoonheid in die ondier
As almal val sal sy bly staan
En al die brandende geboue
Is al wat oorbly as sy gaan

Sy’s jou lig, soos die son in die somer
Wild soos die wind en so sag soos die skemer
Jou wêreld op haar skouers en haar hart op haar mou
En deur dit alles gee sy alles vir jou

Daar’s niks so sterk soos ’n vrou

Dit was gemaklik in jou skadu
Al was dit yskoud in jou reën
En al was dit vir jou koue
Het sy bly glo jy is die een

Sy laat jou wonder hoe het sy geval vir jou
Sy’s die seer wat jou leer waaraan jy vashou
Sy’t jou wêreld verander en hare laat stilstaan vir jou

ONS IS NIE KLAAR NIE

ONS IS NIE KLAAR NIE
(Dewald Wasserfall, Danny Smoke, Murray Lubbe)

Jy trek my in
En lê my neer
En stoot my weg
Jy doen dit weer

Ek het als van my
Gegee vir jou
’n Hart gedeel
’n Les geleer

My pa het gesê
“Moenie iets laat lê voor dit klaar is nie”
En ons is nie klaar nie

My pa het gesê
“As jy iets wil hê moet jy veg daarvoor”
En ek sal veg vir jou
Voor ek jou verloor

Want ons is nie klaar nie

Hier staan ons weer
Soos die laaste keer
Te hard probeer
’n Hart gebreek

Gee jou hart vir my
Ek gaan net hier bly
Ons is meer as net die lesse wat ons leer

DIE BESTE VAN MY

DIE BESTE VAN MY
(Dewald Wasserfall)

Bloed en sweet
Laat my nooit vergeet wie ek is nie
En hierdie hart van my het ook al seergekry
Maar oorleef

Die Filistyn het al probeer om my te verower
Maar ek het opgestaan
Want hierdie hande staan terug vir niks

Niemand sal jou ooit verander en niks kan jou breek nie
Jy’s in beheer van jou pad
Jy moet dit nooit vergeet nie

Al val 1000 aan my sy
En 10000 aan my regterkant
Niks sal my onderkry nie
Niemand kry die beste van my nie

En ek het amper vergeet
Jy weet ons almal wil breek
Partykeer
Maar in die hart van ’n mens het ek vir beter gewens
En gekry

DIE GOEIE OU DAE

DIE GOEIE OU DAE
(Dewald Wasserfall)

Ek was 16, dalk ’n bietjie jonger
Toe jy vir my kyk en sê ek is ’n dromer
En ek wens ek kon my mond oopmaak en net met jou praat

Klaar met skool, kyk hoe vlieg die jare
Bietjie minder cool en ’n bietjie minder hare
As ek nou terugkyk, onthou ek jy was altyd daar

En ek sal altyd hier staan
Sal altyd hier staan en wag vir jou
Ek sal ’n ewigheid wag
’n Ewigheid wag net vir jou

En sê my, onthou jy die goeie ou dae ?
As ons net bymekaar was het niks ons gepla
En ek’t in jou ma se kombuis vir jou hart gevra

Sê my, kan jy nog onthou hoe dit was
Toe ons harte nog vol en ons beursies leeg was
Ons het die tyd laat stilstaan in die agterplaas

Dit was die goeie ou dae

Ons was jonk genoeg om te lewe
Ons was oud genoeg om dit te kan geniet
Ek voel nogsteed 20 al is 20 nie meer nou en hier nie

En ek onthou dat ons wou trou
As ons net die geld kon kry
En ek kan amper nie glo jy’t al die jare by my gebly nie

NUWE BEGIN

NUWE BEGIN
(Dewald Wasserfall, Riana Nel)

Voor die son opkom
Is ons die lig op die horison
Daar is iets wat jy binne-in jou voel
Jy weet wat ek bedoel
Dis die klank wat uit jou hart uitkom

Kom ons jaag die wind
Daar’s iets wat brand hier binne-in
Maak nie saak wat die wêreld vir jou sê
Jy weet wat jy wil hê
Dis tyd dat jy jou hart uitsing

As jy dit wil hê moet jy opstaan
As jy dit wil hê moet jy net aangaan
As jy wil hê dit moet gebeur
Al maak dit bietjie seer

Ons vat als wat oorbly
Dan maak ons ’n nuwe begin

Ons laat die tyd stilstaan
Sit al die ligte hier binne aan
Alles wat jy wil hê begin nou
Dis hier binne-in jou
Skree dit wat binne-in jou hart aangaan

FREE FALLIN'

FREE FALLIN’
(Tom Petty, Jeff Lynne)

She’s a good girl, she loves her mama
Loves Jesus and America too
She’s a good girl, crazy about Elvis
She loves horses and her boyfriend too

It’s a long day, living in Reseda
There’s a freeway running through the yard
I’m a bad boy, ‘cause I don’t even miss her
I’m a bad boy for breaking her heart

Now I’m free. Free fallin’

I want to glide down over Mulholland
I want to write her name in the sky
I want to freefall out into nothing
I’m gonna leave this world for a while

]