Dewald Wasserfall
Dewald is ’n kranige, gesoute liedjieskrywer. ’n Perfeksionis. ’n Passievolle wêreldreisiger. ’n Aaklige gholf speler. ’n Draer van T-Hemde en oraaiterige kitaarspeler. Hy glo daarin om homself met uitstekende mense te omring. Dis ook belangrik om jouself met biltong te omring.